NBC - Namibian Broadcasting Corporation
Corporate Schedule Television Radio News
 
Corporate
Schedule
Television
Radio
Schedules
Enquiries
Contacts
Afrikaans
Setswana
Lozi
German
Oshiwambo
Otjiherero
Rukwangali
Damara
News
 
  Site Navigation: Home > Radio > Afrikaans  
     
 

Namibian Broadcasting Corporation - Radio - Afrikaans

 
     
  WELKOM BY DIE WEBWERF
VAN DIE
AFRIKAANSE RADIODIENS
 
     
 

Sê dit Raak - Sê dit in Afrikaans!

Die slagspreuk van die Afrikaanse Radiodiens van die NBC beskryf eintlik ons strewe – om die taal te laat LEWE in die 21ste eeu, ten spyte van maatskaplike, ekonomiese of alle ander verandering wat oor die afgelope jare plaasgevind het.

Die feit bly staan: Afrikaans is ‘n taal wat GEPRAAT word. Waar jy ookal in ons pragtige land kom, sal jy sommer gou hoor hoe mense koop en verkoop, lag en kuier, stry en opmaak – in Afrikaans!

Die Afrikaans Radiodiens saai reeds die afgelope 25 jaar in die land uit en het deur net soveel groei en verandering as die land en sy mense gegaan. En, uiteindelik is dit waarvoor ons hier is – om ‘n diens te lewer aan almal wat Afrikaans praat en wil luister.

 
     
  Wat maak ons “anders”?  
 

- Ons is die enigste Radiodiens wat die HELE land en die grootste deel    van die bevolking in ‘n taal bereik wat hulle verstaan – Afrikaans!
- Ons is betrokke by die gemeenskap.
- Ons bied VERSKEIDENHEID wat vermaak, musiek, nuus, inligting en    opvoeding insluit.
- Ons is loslit, informeel en BESLIS NIE VERVELIG NIE!

 
     
 

Dit maak ook dat die Afrikaanse Radiodiens die IDEALE advertensie-medium in Namibië is.

Luister dus gerus na die diens – of skakel ons gerus by (+246.61) 2912331 vir meer inligting oor advertensie-, buite-uitsending- of pret-geleenthede!
(volg hierdie skakel)

Lekker Afrikaanse Radio-groete!

Gert Rossouw
Bestuurder:
Afrikaanse Radiodiens – NBC

 
     
 

Die Afrikaanse Radiodiens van die NBC is 'n sprekende bewys van die radio se vermoë om by die behoeftes van sy luisteraars aan te pas, en uiteenlopende gemeenskappe te bedien by wyse van die een gemeenskaplike faktor wat hulle deel - die Afrikaanse taal.

Dis 'n jong en lewenskragtige radiostasie, wat hom sedert sy ontstaan in September 1979 sterk beywer vir gemeenskaps betrokkenheid en 'n brugbou-aksie tussen Afrikaanssprekendes. Daarvan getuig die teenwoordigheid van die Diens by geleentheid in gemeenskappe wat afstandsgewys ver verwyderd van mekaar is - alles daarop gemik om gestand te doen aan ons slagspreuk, "Eenheid in Verskeidenheid". Dis immers nie verniet dat die Diens onder sy luisteraars as "Die Sprankeldiens" bekend staan nie! Uitstekende resultate vir die adverteerder is boonop aan die orde van die dag - moet dus nie huiwer om ons by 291 2331 in Windhoek te skakel nie, of rig 'n brief aan:

Die Bestuurder
Afrikaanse Radiodiens van die NBC
Posbus 321
Windhoek
Tel : 061-291-2331,Fax: 061- 244646
e-pos: gdeklerk@nbc.com.na


The Afrikaans Radio Service of the NBC is a striking indication of the radio medium's ability to adapt to the need of its listeners, and serve diverse communities through one common factor - the language that they speak.

It is a young and vibrant radio station that has been committed to community involvement and a bridge-building action amongst Afrikaans-speakers since its inception in September 1979. The presence of the Afrikaans Radio Service at important events in communities that are separated by vast distances bears testimony to that lofty ideal - all aimed at redeeming our pledge expounded in the motto, "Unity in Diversity". Moreover, advertisers are bowled over by the wonderful results, whenever they promote their products on the Afrikaans Radio Service of the NBC. Please contact us by phoning 291 2331 in Windhoek, or sent your letters to:

The Manager
Afrikaans Radio Service
P.O. Box 321 Windhoek 
Tel : 061-291-2331,Fax: 061- 244646
e-mail: mengelbrecht@nbc.com.na

 
     
     
     
     
 
Wednesday at 19:30
Government Scorecard
 
     
     

Copyright Namibian Broadcasting Corporation 2004
Design by ITN, Developed by JE Erasmus